Go Turquoise > Uncategorized  > Oos Kaapland – Tooi Turkoois

Oos Kaapland – Tooi Turkoois

Die ring van Oos Kaapland het tydens die ringsvergadering die geleentheid benut om die afgevaardigdes se aandag te vestig op die Tooi Turkoois veldtog. Baie dankie ds Denise Schmidt.

Ds Denise skryf

“Ons het reeds die kerkgebou in Turquoise getooi. 25 Junie neem ons die bejaades in die gemeente uit vir middagete waar hul elkeen ‘n boekmerk gaan kry met ‘n gebed van n bejaarde op gedruk en ‘n Turquoise agtergrond. Dan gaan elkeen ook n mooi versierde cupcake kry . Verder gaan ons na ‘n tehuis vir verswakte bejaardes waar ons vir elke inwoner ‘n Johannes evangelie boekie gaan gee en koek by die tee.

Op Jeffreys gaan hulle ‘n tee hou vir die bejaardes en dan gaan ons begin brei vir volgende winter om ‘n warm serp te kan uitdeel as dit begin koud word. Ons wil ook een Sondag warm sop en brood uitdeel saam met die jeug. Ek voel die jeug moet betrek word en grootgemaak word met hierdie uitreike want hulle is die kerk van die toekoms. As hulle nie nou by ons leer nie hoe gaan hulle weet om by ons oor te vat en die kerk die toekoms in te dra.”