Go Turquoise > Uncategorized  > Tooi Turkoois by Machteld Postmus.

Tooi Turkoois by Machteld Postmus.

1.    INLEIDING:

Meeste Bejaardes betree op een of ander stadium daardie

WONDERLIKE   JARE

  1. Wonder waar het ek my kar parkeer?
  2. Wonder waar het ek my foon laat lê?
  3. Wonder waar is my bril nou weer?
  4. Wonder watter dag is dit vandag?
2.    HOEKOM  TOOI  TURKOOIS:

 

Is gestig  deur Dr. Hennie & Magda van Deventer spesifiek om ons mense, gemeentes en gemeenskappe bewus te maak van die ongelooflike probleme wat Bejaardes soms (en al hoe meer) ondervind om

  • Aan die lewe te bly!!
  • Om ‘n Bestaan te maak
  • En vele meer probleme wat hulle ondervind

TOOI TURKOOIS:

Tooi Turkoois vir Bejaardes wys u gee om.

Hierdie aksie vind elke jaar tydens die volgende datums plaas

15 Mei – 15 Junie 2022

PROBLEME WAT BEJAARDES ONDERVIND

  1. Ouetehuise, Aftree-oorde en Versorgingseenhede sukkel al hoe meer om permanent vol te wees. Al hoe minder mense gebruik hierdie opsie van versorging of om te gaan bly.

As gevolg van die volgende redes:

  • Bejaardes bly langer jonk. Hulle bly ook langer gesond! Hulle verkies om so lank as moontlik in hulle eie huise te bly!  “65 jaar oud” was 30 0f 40 jaar gelede stok-horing-oud!  Vandag is dit nog relatief jonk!
  • Om deesdae op 65 af te tree – word ’n groterwordende probleem vir bejaardes. Hulle oorleef in baie gevalle hulle pensioen – terwyl lewenskostes skrikwekkende stygings toon. Aftree-oorde en Ouetehuise begin net eenvoudig buite hulle finansiële vermoë val.
  • Baie bejaardes en hulle kinders verkies die opsie om ’n kleiner eenheid op dieselfde erf te bou waarin die bejaardes dan gaan bly – terwyl die kinders die sg “groot huis” gebruik om in te bly.
  • Dieselfde gebeur ook baie deesdae omdat kinders sukkel om werk te kry.

Dan trek hulle “tydelik” by die ouers in – en hulle deel dan ’n huis!  Dikwels word “tydelik” dan permanent

  • Kinders sukkel om lenings te kry om ’n huis te koop – dan trek hulle ook by ouers in. Ouers is dan dikwels ook sommer “onbetaalde baba- en kinderoppassers en vervoer vir kinders skool of kleuterskool toe en terug.
  • Ouetehuise en Bejaardesorgeenhede se fooie verhoog baie die laaste klompie jare a.g.v. groot finansiële uitgawes met personeel, kos, munisipale fooie, ens.

Die gemiddelde persoon is net nie meer in staat om hierdie fooie te betaal nie.

  • Vroeër jare het baie kinders gehelp om hierdie kostes te dek. Baie kinders bly deesdae oorsee. Hulle help tydelik en dan begin hulle om nie meer finansieel by te dra nie.
  • Nog ’n probleem is dat bejaardes ouer en ouer word. Hulle kinders het al afgetree en moet self op ’n pensioen oorleef wat dit baie moeilik maak as hulle ook nog finanaisële bystand vir ouers moet gee.
  • Finansiël probleme en ontoereikende pensioene weerhou talle bejaardes om die besluit te neem om na ’n Aftree-oord, Bejaardesorgeenheid of Ouetehuis te gaan.
  • GROOT PROBLEEM:

Die mishandeling van Bejaardes – veral deur kinders – en aanvalle op bejaardes is ’n geweldige en  groterwordende probleem!

4.  WAT KAN U ALLES DOEN MET TOOI TURKOOIS:

U heel grootste doelwit moet wees om alle persone en instansies, met wie u in aanraking kom, bewus te maak van die probleme wat Bejaardes in die gesig staar!

  1. Tooi u hele wêreld en uself met Turkoois!
  • Strikkies, serpe, en klere in turkoois – begin dikwels ’n gesprek wat u die geleentheid gee om die “Storie van Tooi Turkoois” te vertel.
  • Kleur jou hare met ’n strepie Turkoois kleursel!
  • Ballonne werk ook altyd goed om aandag te trek!
  • Draai Turkoois lappe om die bome en hekpale en waar u ook al kan
  • Dra Turkoois klere

Verduidelik aan almal wat jy teëkom – hoekom jy dit dra

  1. Bederf bejaardes in u omgewing met iets lekkers om te eet en vind uit wat hulle probleme dalk is.
  2. Lewer Bederf-pakkies af by ’n ouetehuis of buurt waar baie bejaardes bly.
  3. Mobiliseer skole en ander instansies om deel te neem aan die Tooi Turkoois projek met ’n kuier by die Sentrum of in die omgewing. Bejaardes hou vreeslik baie van die kinders wat bv. kom sing en met hulle gesels.
  4. Die DANSGROEP IN DELMAS – die “Slow Cookers” het met Turkoois Serpe opgetree op verskeie geleenthede.  Dis ook heerlike pret vir Bejaardes om aan so ’n aksie deel te neem
  5. Probeer bv. ‘n tafel of stalletjie kry in ’n winkelsentrum en deel Turkoois strikkies uit en vertel en verduidelik hoekom julle daar is.
  6. Nooi ’n Apteek uit om ook deel te neem – deur dalk in die tydperk 15 Mei – 15 Junie – een of ander gratis diens te lewer soos bv. bloeddruk neem, toets vir diabetes of enige iets waarvoor hulle kans sien.
  7. Gratis Oog- en Gehoortoetse kan ook ‘n baie waardevolle hulp wees vir bejaardes
  8. Baie bejaardes sukkel met tande wat nie meer so gesond is nie. Kyk of daar dalk tandartse is wat kan help.  Moedig instansies aan om bv. as borg op te tree vir die herstelwerk wat gedoen moet word.
  9. TOOI TURKOOIS kan ook vir jonger persone tot hulp wees. Kry sprekers en/of kundiges wat met jonger persone oor aftrede kom gesels.
  • Die emosionele voorbereiding vir aftrede
  • Finansiële beplanning vir aftrede
  • Testamente en Lewenslêers se noodsaaklikheid
  1. Moedig u gemeentes en u gemeenskap aan om deel te word van die projek 

Ek deel graag hierdie eenvoudige maar baie mooi gediggie van Lukas Maree met u almal:

Die tyd het oor my lyf geloop

en my nie juis gespaar nie

my moed in die proses gesloop

want mooi is nie meer daar nie

 

Toe soek ek rond, van plek tot plek,

verloor amper my sinne

tot ek daar voor die spieël ontdek:

dalk is die mooi nou binne

Lukas Maree

 

Elmien Botha