Go Turquoise > Uncategorized  > Tooi Turkoois by Sonop

Tooi Turkoois by Sonop

As deel van die Tooi Turquoise vir  bejaardes projek het Gemeente Montana-Oos saam met Bettie Nel se Uitreik Projek 100 pakkies vol toiletware opgemaak vir behoeftige bejaardes in Sonop.

Vrydag  31 Mei, het ons hulle bederf met koekies en koffie. Daarna het ons heerlik Bingo gespeel tot elke een ñ prys gewen het en daarna het almal weggelê aan sop en broodjies.

Elke dame het ook ñ gehekelde blom borsspeld gekry wat deur ñ bejaarde dame in Cullinan gemaak is spesiaal vir hierdie funksie.

Almal het lekker gekuier en geëet en het alles baie waardeer.Ons maak volgende jaar weer so.

Petrus Nel.