Go Turquoise > Uncategorized  > TOOI TURKOOIS NHKA Sundra Gemeente

TOOI TURKOOIS NHKA Sundra Gemeente

Die Hervormde Gemeente Sundra se NHSV tak,  het al jare lank ’n aksie by die Kosmos Dienssentrum, asook vir die bejaarde persone in hulle eie gemeente  en hierdie jaar het hulle weer met oorgawe ingespring om heerlike bederf-aksies te laat gebeur.

Daar word jaarliks in Junie, lekker sop en broodjies by Kosmos Dienssentrum bedien en dan is daar weer heerlike koek en tee in Oktober. 

Elke jaar met die Tooi Turkoois Projek spring hulle ook in en hierdie jaar het hulle dit sommer met die Word Warm Projek gekombineer.  Almal in Kosmos dienssentrum ontvang ’n lekker bederfpakkie en daar word ook vir hulle konsert gehou.  Hierdie jaar het Frans Naumann vir hulle gesing en daar is toe 30 pakkies afgelewer.  Seniors in die gemeente, het sommer hulle pakkies die Sondag in die kerk gekry.

Sundra Gemeente se NHSV is baie dankbaar vir skenkings wat hulle soms kry om hierdie aksies te laat gebeur.  Hulle het bv. Koffiebottels pragtig versier en binne-in was daar ’n pakkie lekker Cappuccino Koffie, ’n pakkie laté, Ouma beskuitjies en koekies.  Die bejaardes het hulle gate uit geniet, veral met die pragtige serpe wat elkeen ook gekry het.

Gemeente Sundra doen ook moeite om op ’n gereelde grondslag bejaardes van die Kosmos Dienssentrum geestelik te versorg.   Ds. Elmien Snyman hou bv elke Dinsdag Godsdiens vir hulle,  asook Bybelstudies.

Die terugvoering van die bejaardes, wat so deur Sundra Gemeente bederf word, is baie positief en hulle het net groot dankbaarheid vir almal en veral vir Marie Naumann wat geweldig baie moeite gedoen het om hierdie jaar ook vir hulle ’n wonderlike geleentheid te maak!

Marie Naumann