Die ou Wiele en die ou Bene van Duvenageskraal

Soos wat hulle bymekaar verby, sien ek hoe kyk hulle na mekaar. Een van bo die ander van onder  kyk hulle vir mekaar. Op eens wonder ek wat dink hulle van mekaar. Jare se afstand afgelê oor berg en dal, oop vlaktes, koue, hitte, dae en nagte. Die jare se lestsels sigbaar op beide. Beide wonder oor die ondeskeie paaie wat hulle gereis het.

Ja, yster en vlees  bekyk mekaar. Wat dink die ou motors van die oumense wat hier verby en hulle betrag en wat dink die mense van die karre van weleer.

Duvenhageskraal is ‘n besonderse plek vandag. Ou karre en mense op eendag bymekaar. Die geleentheid Tooi Turkoois. Beide sit hulle beste voet of is dit nou wiel voor vir die spog geleentheid.

Die broers Van Waveren, Piet en Jan is beide ewe trots op hulle werk. Jan op al die ou motors en Piet met al die bejaardes wat vandag spesiaal, sommiges van vêr, die geleentheid bywoon.

Die program is kort die sprekers op die man af met een boodskap “julle is vir ons waardevol koester jouself”

Soos Jan sy oumotors koester en met passie versorg so wil Piet ook met Tooi Turkoois mense laat besef dat ons, ons  bejaardes moet koester en met passie versorg. Hulle kom vêr paaie en het ongelooflike draaie geloop met jare se ondervinding.

Dankie vir Jan en Piet se moeite en versorging elkeen op sy eie terrein. Dankie vir die mense wat die dag nie net moontlik gemaak het nie maar ook baie aangenaam gemaak het.

Dankie vir die spog geleentheid. My ou bakkie en ek dink dieselfde, volgende jaar is ons weer in die lang pad,  oppad na Duvenhageskraal. Nog ‘n ondervinding, nog ‘n belewenis, weer ‘n ontmoeting op die lewens reis…

Andries Pretorius

GO TURQUOISE – 15 May – 15 June

Liewe Vriende

Dinsdag 28 Mei 2019 om 10:00

Plek Duvenhageskraal – Polokwane/Mokopane geleentheid te Pietersburg

10:15 Verwelkoming – Piet van Waveren
Opening – Ds Wimpie Engelbrecht

10:20 Besigtig  Oom Jan se motor veterane en soek jou verjaardag maat .

10:50 Wat en wie is Tooi Turkoois – Andries Pretorius

11:00 Oud en alleen, eet gesond & bly gesond – Anke van Waveren (dieet kundige)

11:30 Koffie tee en versnapperings
Dankie sê en padvat

Piet van Waveren

083 263 3326

boomskraappotties@gmail.com

Go turquoise for the elderly Get in touch with us

If you would like to participate in the campaign to create awareness about the elderly in South Africa, please let us know who you are and your contact details. We welcome every participant and every effort that you are willing to make.

Contact Us