Skip to main content

TOOI TURKOOIS

TOOI TURKOOIS Geleenthede 2026

TOOI jou Gemeenskap in TURKOOIS: 2026

Tooi Turkoois 2026 sluit vandag af

 Baie dankie aan elkeen wat deel is  van die Tooi Turkoois bewusmakingsveldtog – vir elke strikkie, elke gebaar van omgee en elke aksie wat die lewe van ons ouer wordende mense raak.

Al eindig die veldtog vandag, stop die behoefte nooit nie – veral nou in die winter wanneer ons bejaardes meer kwesbaar is. Kom ons hou aan om lief te hê, te ondersteun en om te gee.

Dra steeds jou strikkie in jou hart deur jou dade.

Seënwense met julle projekte

Andries Pretorius

081 488 8691

TOOI TURKOOIS; Tuisversorging; JA Viljoen Studietrust
 
Vrydag 12 Junie het die 6de Helpende Kerke Kongres plaas gevind by die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut sentrum. Die tema: Die Kerk en Werksyn. Hannes Noëth, Flip Buys en Willie Spies het as sprekers op getree.
 
Wat altyd goed is van die geleentheid is die netwerk wat plaas vind en vandag was weer so. My gesprek met Dr Elsha Hermann, hoof van die opleidingsinstituut, tydens ete was goed en kon ons praat oor sake van belang vir die NHK se Diakonaat. Een van die sake is die opleiding van tuisversorgers.
 
Kwaliteit versorging van ouer persone is vir ons by TOOI TURKOOIS belangrik. Ons besef ook dat sentrum versorging nie vir almal beskore is nie, weens verskeie redes. Vir die rede ondersteun ons van harte Solidariteit Helpende Hand se opleidingsinstituut se tuisversorgers opleiding model. Die opleiding is nie net beperk tot ouer persone nie maar ook ten op sigte van:
• persone met gestremdheid
• Palliatiewe versorging van persone met lewens bedreigende siektes
• Nasorg tydens herstel van operasie
 
Besoek hulle webblad, daar is baie meer inligting asook die inskrywings blad en finansiële ondersteuningblad:
 
Wil jyself of is jy bewus van ’n peroon wat die passie en talent het vir Tuisversorging, julle enigste uitdaging is finansies. Weet jy dat persone wat Tuisversorging opleiding wil deurloop kan aansoek doen vir ’n beurslenig by die JA Viljoen Trustfonds. Die Trustfonds is onder Kuratorskap van die NH Gemeente Pretoria en deel van die Solidariteit Studiefonds.
 
Die JA Viljoen Trustfonds het die afgelope 2 jaar vier studente met beurslenings gehelp om hulleself as Tuisversorgers te bekwaam.
Saterdag 27 Junie 2026 tydens die Opleidingsinsituut se opedag kan jy uit vind watter geleenthede daar vir jou is. En onthou jou vriend
 
Almal word geroep om ons God gegewe talente te gebruik en te ontwikkel. Diakens moet lidmate en ander aanmoedig en instaat stel om hulle talente te ontwikkel. Mense se eie ontwikkeling verbeter hulle welstand en so die welstand van die gemeente asook die gemeenskap.
 
Welstand deur Werksyn.
 
Andries Pretorius
NHKA Komitee vir Diakonaat
Vise-Voorsitter
 
NS Onthou die JA Viljoen Trustfonds kan net help as hulle fondse ontvang.
Rekeningnaam: DIE HELPENDE HAND STUDIE TRUST
Bank: FNB
Tak: CENTURION 261550
Rekeningnommer: 62331447541
Verwysing: Ds. JA Viljoen Trustfonds + Naam

Dinsdag 2 Junie

Pretoria Botaniese Tuine

Maak seker jy is deel van die unieke geleentheid! 

Om jou/julle teenwoordigheid te bevestig, stuur vir Anneke ‘n e-pos met jou naam & van, telefoonnommer en e-Posadres  by admin@helpseniors.org.za of WhatsApp haar by 072 349 8395

Baie dankie aan NH gemeente Oos Moot se brei-susters vir die harde werk. Na 3 jaar is daar meer as 50 lidmate wat komberse gekry het.
 
Behalwe die warmte wat die kombers self bring, bring die liefde en omgee van hierdie handgemaakte komberse ook warmte vir die siel. Werklik ‘n erfstuk.
 
Brei-susters, baie dankie vir julle jaarlikse deelname aan die Tooi Turkoois veldtog.
 
Julle volharding is ‘n voorbeeld vir almal.

Volgens Statistieke Suid Afrika (STATS SA 2025) word beraam dat ongeveer 6,6 miljoen mense in Suid‑Afrika, 60 jaar en ouer is. Dit verteenwoordig sowat 10.5% van die totale bevolking!

Sedert 2005 tot 2025 was daar ’n toename van ongeveer 3 miljoen mense  –  vanaf 3.3 miljoen na 6.6 miljoen.

 Die Implikasies van en vir ’n Ouerwordende bevolking:

✳️Groter druk op Gesondheidsdienste en Mediesefondse

✳️Groter afhanklikheid van Ouderdoms- toelaes en Maatskaplike ondersteuning

✳️Toename in nie-oordraagbare siektes, bv. diabetes, hoë bloeddruk, gehoorverlies, dementia, Parkinsons en vele ander mediese uitdagings.

✳️Pensioen-fondse  kom erg onder druk weens die verlengde tydperk wat uitbetalings moet geskied, agv van mense wat soveel langer leef!

Hierdie is slegs enkele van die uitdagings wat ouerwordende persone in die gesig staar.

Die uitdagings vir die gemeenskap,  wat hierdie  ouerwordende persone moet ondersteun,  neem ook jaarliks toe. Verhoging van brandstofpryse,  munisipale kostes en lewenskostes,  bring mee dat kinders, familie en instansies soos bejaardesorg sentrums, kerke en ander hulp verleners, ook onder druk is met toenemende hulpverlening aan bejaardes

✳️✳️✳️✳️✳️

Wat kan ons doen?

TOOI TURKOOIS VELDTOG:

Die Tooi Turkoois veldtog is ’n jaarlikse nasionale bewusmaking en omgee-inisiatief wat fokus op die waardigheid, versorging en beskerming van ouer persone (Bejaardes) in Suid‑Afrika.

Wat gebeur met die TOOI TURKOOIS veldtog?

Die veldtog is deur die Algemene Diakensvergadering (ADV) van die Nederduitsch Hervormde kerk (NHKA) ge-inisieer.

Dit vind jaarliks vanaf 15 Mei tot 15 Junie plaas onder leiding van die  diakens en gemeentes van die NHKA. NHSV takke (Sustersvereniging van die NHKA),  Bejaardesorgsentrums en ander Burgerlike entiteite,  ondersteun ook die veldtog!

Die veldtog is op die nasionale kalender vir spesiale dae en eindig doelbewus op 15 Junie! Dit is die Wêreld Bewustheidsdag vir Bejaarde mishandeling.

Baie dankie aan  gemeentes wat deurlopend betrokke is by hulle plaaslike Bejaardesorg Sentrum en by  ouer persone in hulle gemeenskappe.

Die TOOI TURKOOIS veldtog wil:

❇️Bewustheid skep vir die uitdagings wat ouer mense ervaar soos eensaamheid, verwaarlosing,  mishandeling, gesondheidsbehoeftes ens!

❇️Respek, waardigheid en omgee vir bejaardes bevorder.

❇️Gemeenskappe aktiveer om prakties betrokke te raak by die ondersteuning van ouer persone.

Hoe kan ons deelneem?

Letterlik enige persoon kan deelneem.

Die veldtog moedig mense aan om:

💠Turkoois klere of bykomstighede te dra bv. Strikkies, serpe, mussies, of hemde of T-shirts om bewustheid te skep.

💠Drapeer die heining van jou huis, kerk, kantoor of strate met Turkoois strikke of lappe.

Sigbare TOOI TURKOOIS aksies:

Daar is letterlik honderde, as dit nie duisende aksies is,  wat geneem kan word om ouer persone te ondersteun en om  bewusmaking te skep vir ondersteuning! Blaai terug op die TOOI TURKOOIS Facebookblad om verlede jaar se aksies te sien.

Hier is slegs ’n paar moontlikhede

🌀       Deel Turkoois strikkies uit aan al die ouer lidmate in die gemeente. Die katkisante kan help met die aansteek daarvan. Jy kan dit ook by jou werk, skool of klub uitdeel.

🌀Strikkies met Tooi Turkoois  op,  kan bestel word by die skrywer. (Besonderhede hieronder.)

🌀Hou ‘n “Warm TOOI TURKOOIS” geleentheid. Samel kombers, mussies, serpe, ens in. Reël ’n besoek aan die plaaslike Bejaardesorg Sentrum en deel die items uit aan die inwoners.

🌀Met winter op hande,  is aanvullers altyd nodig om immuniteit te bou. Pak “sorgpakkies” met bruistablette en ander produkte. Dit kan ook items soos beskuit, koekies, tee, koffie, milo, suiker, ens insluit.

🌀Reël ’n bederf geleentheid waar ouer persone bederf word met heerlike sop en broodjies, of tee en kolwyntjies. Onthou die lekker vermaak!!.

🌀Katkisante, of die skool se leerders, kan kaartjies maak met ’n bemoedigende boodskap wat tydens ’n besoek aan die ouer persone oorhandig word. Hulle kan ook ’n gebed doen tydens die besoek.

🌀Aksies, waar ouer persone vergesel word na die dokter of winkel,  kan ook gereël word. Die gemeente,  dokter, tandarts of oogkundige kan komplimentêre konsultasies beskibaar stel.

Waarom juis die kleur turkoois?

Turkoois word gebruik as ’n sigbare simbool van:

🟢Liefde

🟢Respek

🟢Versorging

🟢Vrede en Kalmte

Deur Turkoois te dra of te vertoon wys gemeenskappe openlik:

“Ons gee om vir ons bejaardes”!!

Die kern van die TOOI TURKOOIS veldtog is dat ouer persone,  belangrik en waardevol is. Hulle besit ’n skat van ervaring en ondervinding. Hulle het die wêreld gevorm en het verseker steeds ‘n bydrae om te lewer. Hulle verdien om met menswaardigheid, liefde en sorg behandel te word.

Deel asseblief julle aksies met ons. Stuur die fotos en inligting vir my. Enige onduidelikhede en navrae kan ook aan my gerig word.

Seënwense!

Diaken Andries Pretorius  WhatsApp 081 466 8691

TOOI TURKOOIS Strikkies

Bestel jou gedrukte strikkies @ R7-00 per strikkie.

E-pos jou Naam & Van en selfoonnommer

Hoeveelheid strikkies benodig.

Stuur jou aflewerings adres aan Andries Pretorius by andries@rentgau.co.za     

Aflewerings koste betaalbaar deur besteller

 

EFT inbetalings vir strikkie bestellings 

Rekening naam: Plesion NPC

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 1127321897

Verwysing: Strikkies

TOOI TURKOOIS veldtog inligting

  • Max. file size: 20 MB.

Elke donasie help ons om die nood van ouer wordende persone te deel