TOOI TURKOOIS

TOOI TURKOOI fokus vir 2025 is versorger opleiding.

Alhoewel die inskrywings vir 2025 se kursus reeds gesluit het wil ons graag hierdie jaar gemeentes, lidmate en ander mense se aandag vestig op die voordele van profesionele oppgeleide versorgers.

Meegaande inligting rakende die JA Viljoen Trustfonds wat hande vat met Solidariteit Helpende Hand se opleidingsinsituut.

Gebruik asb die aanbieding om die belangrikheid van die versorgers uit te dra aan jou gemeenskap.

Aanbiedings formaat vir aflaai

PDF

Powerpoint

Inligting oor die kursus:

Opleidingsinstituut: Die Opleidingsinstituut is ‘n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand.

Kursusduur: Die kursus duur ses maande en word afgewissel met praktiese en teoretiese klasse.

Opleidingsplek: Opleiding vind plaas by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria.

Toelatingsvereistes: Afrikaans, eie vervoer, eie akkommodasie en ‘n besonderse liefde en omgee vir jou medemens.

DAAR WORD DIE VOLGENDE VAN KANDIDATE VERWAG:

Dienslewering: 1 jaar na studie diens te lewer in: Ons Tuis (msw) (OTMT) Tehuise of soortgelyke instansies in die onderskeie bedieningsruimtes.

Kommunikasie: Gereeld met gemeentes en instansies te skakel en dienste teen billike vergoeding te bied.

Registrasie: Te registreer by ‘n toepaslike reguleringsliggaam.

Ds JA Viljoen TRUSTFONDS

Doel: Befondsing van kandidate vir die Helpende hand tuis/palliatiewe-versorgingskursus. Die befondsing geskied by wyse van beurslenings.

Voorkeur: Lidmate van die NHKA, of kerke vanuit die reformatoriese tradisie.

Taal: Afrikaans as moedertaal

Akademiese vereistes: Aan die akademiese vereistes van die kursus voldoen. (Graad 10 minimum)

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: DIE HELPENDE HAND STUDIE TRUST

Bank: FNB

Tak: CENTURION 261550

Rekeningnommer: 62331447541

Verwysing: Ds. JA Viljoen Trustfonds + Naam

18a Belasting vrystelling sertifikaat is op aanvraag beskikbaar vir skenking.